Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Skadu's teen die Muur " deur KOOS DU PLESSIS
" Skadu's teen die Muur " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61909] Sa, 11 Mei 2002 01:06
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Skadu's teen die Muur
Koos du Plessis

Die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur.
En die tafel en die laaikas --
en alles wat eers vas was --
versmelt tot blote skadu's teen die muur.

Ons drome van gister
word somber en sinister,
want, kyk, alles het 'n vasgestelde uur:
Ons beplan toringblokke,
maar die slopers is betrokke
en ons drome is bloot skadu's teen die muur.

Met orrelbegeleiding
kom die voorspel tot die skeiding,
maar dis alles reg -- die liefde is 'n vuur;
en van die vurige hofmaak
hoor ons later in die hofsaak,
want die liefde is 'n skadu teen die muur.

In swart of wit getooi,
in 'n stoet of in konvooi,
wonder elkeen hoelank alles nog sal duur;
en leef holderstebolder,
want die kis wag op die solder...
en die lewe is 'n skadu teen die muur.

Die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur.
En my voete en my hande
word ou bekende lande
in skadukaarte teen die kamermuur.
Die wêreld word 'n skadu teen die muur;
'n flikkerende skadu teen die muur.
Vorige onderwerp: "Pretoria " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Skielik is jy vry " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 22:08:27 MGT 2024